Saturday, March 31, 2012

Fwd: Stigtingsdag 6 April 1652

Insake: Stigtingsdag 6 April 2012

Geagte Volksgenoot

Toe Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 hul aan die Kaap kom vestig het, was hul primêre doel om 'n halfwegstasie op die been te bring wat as ondersteuningspunt moes dien vir die skeepvaartroete om die Kaap na die Ooste, waarmee baie winsgewende handel gedryf is. Dit was ook hul doel om 'n kolonie te stig waardeur hul infrastruktuur uitgebrei kon word.

Hul seevaart, asook hul eerste twee jaar het egter so voorspoedig verloop dat hul daarin die Hand van ons hemelse Vader gesien het en 'n belofte aan Hom gemaak het wat as volg lui:

"Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters [Here XVII - die Direkteure van die VOC] te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word."


Hiermee het hulle erkenning aan die Almagtige God van hemel en aarde gegee dat dit Hy is wat hulle reis op see voorspoedig laat verloop het, sodat hulle behoue hul bestemming bereik het, en dat hul eerste twee jaar gekenmerk was met vele seëninge sodat dit voorspoedig en na wense verloop het. Dit het so 'n groot indruk op hul gemaak dat hul besluit het om dié dag in die vervolg as 'n vasblywende dank- en biddag in te stel sodat die weldade van die HERE wat aan hulle bewys is, nooit deur die nageslag vergeet sou word nie. Die doel van die instelling was dat hierdie weldade aan die nakomelinge vertel sou word en dat God daardeur vir altyd vereer moet word.

....lees verder in die aangehegte dokument asseblief.


Vrede
Flip Swanepoel [nms. Geloftevolk Koördineringskomitee.

www.volksvergadering.co.za]

(Ns. As u nie verder e-posse van ons wil ontvang nie moet u net terug antwoord op die adres met "Verwyder asseblief" as die onderwerp.)

(Please Note: If you do not wish to receive anymore e-mails from us, just reply to this address with the words "Remove Please" as the subject line.)

No comments:

Post a Comment

Please Leave a message

Fishing Report South Africa